Bles Bridges

Reik Na Die Sterre

Print songSend correction to the songSend new songfacebooktwitterwhatsapp

Ek sien 'n ster, dit is so ver
Nooit sal ek ooit daaraan kan raak nie
Dit is so hooie, die Hemel sit bo
Ek sal dit nooit tot daar kan maak nie

Ek moet probeer, nog net een keer
Dan sal ek eers vir seker weet
Of ek tot hoog daarbo kan kom
En dan verby tot by die son
Waar ek elke dag tot laat in die nag
Vir liefde wag

Ek kyk na die ster en niks is ooit vir my te ver nie
Liefde in my lewe laat my ook op plekke swewe
Iets om na te strewe want dit is my hele lewe
Ek wil aan jou vertel
Maar ek dink tog jy weet dit wel
Jy is my lewe

'n Arend se vlug hoog in die lug
Niemand kom by waar hy gaan sit nie
Hy is nie bang want niks kan hom vang
Niks kan tog beter as dit wees nie

Nou dat ek weet sal ek nooit vergeet
Dat ek moet lewe en laat lewe
Dat liefde nooit weer sal vergaan
Dat dit vir ewig sal bestaan
Dat daar van my 'n deel sal kan bly
My hele lewe

Ek kyk na die ster en niks is ooit vir my te ver nie
Liefde in my lewe laat my ook op plekke swewe
Iets om na te strewe want dit is my hele lewe
Ek wil aan jou vertel, maar ek dink tog jy weet dit wel

Writer/s: LEONIE BRIDGES, K. VAN HAAREN, TONY HENDRIK, BERND MEINUNGER