Refentse

Sal Jy?


Print songSend correction to the songSend new songfacebooktwitterwhatsapp

Ek sit stoksielalleen
In die kruine van die reën
En ek wonder oor die woede en die stille see Meneer
Sal dit dalk later 'n bietjie vrede reën?
Dit word vyftien jaar in die Julie maand
En ek soebat op my diepste vir my eerste kans Meneer
Sal dit dalk later 'n bietjie vrede reën?

Mamma het gaan skrywe op 'n brief die noot
Toe wil Pappa gaan skarrel, na 'n bietjie brood
Sal jy
Ook 'n bietjie dink aan my?

Boetie staan nou bakhand langs die hawemuur
Van die keiser en sy pelle
Sê die pille's suur
Sal jy
Ook 'n bietjie dink aan my?

Sal jy ook in jou donker nag in jou warm bed
Sal jy
Ook 'n bietjie dink aan my?
Sal jy ook in jou donker nag
In jou Stellenbos
Sal jy
Ook 'n bietjie dink aan my?

Ag toe, sê my meneer
Wanneer die freedom kom
En of ek ook genoeg is vir 'n deel van hom Meneer
Jy sien, dis hierdie pyn
Maak my bitter seer
Ek bid hard in die oggend, vir die Een wat wag
En ek lees selfs my Groot Boek
In die donker nag
Sal jy
Ook 'n bietjie dink aan my?

Mamma het geskrywe op 'n brief die noot
Toe wil pappa gaan skarrel vir 'n bietjie brood
Sal jy
Ook 'n bietjie dink aan my?

Boetie staan nou bakhand langs die hawe se muur
Van die keiser en sy pelle
Sê die pille's suur
Sal jy
Ook 'n bietjie dink aan my?

Sal jy ook in jou donker nag
In jou warm bed
Sal jy
Ook 'n bietjie dink aan my?
Sal jy ook in jou donker nag
In jou Stellenbos
Sal jy
Ook 'n bietjie dink aan my?

Lewe
Leef jy kronkel in jou rykdom en roem
Jou oester en kreef
En ek koue
Ek koue tot die kern van my been
Maar ek glo vas dat God my ook nog seën

Sal jy ook in jou donker nag
In jou warm bed
Sal jy
Ook 'n bietjie dink aan my?
Sal jy ook in jou donker nag
In jou Stellenbos
Sal jy
Ook 'n bietjie dink aan my?

My boetie staan nou bakhand langs die hawemuur
Van die keiser en sy pelle
Stuur pille suur
Sal jy
Ook 'n bietjie dink aan my