Die Gaskunstenaars

Snor City


Print songSend correction to the songSend new songfacebooktwitterwhatsapp

In Pretoria
In Pretoria
Ja, Pretoria

(Dis Pretoria)
(Ja, Pretoria)

Dagsê liewe mense, ek is vandag jou gids (In Pretoria)
Ons is op soek vir net een skoon bolip (In Pretoria)
Want dit is die stad met geen bolip glad (Dis Pretoria)
Want oral in die strate is die fans van Country plate (In Pretoria)

Stap, slaap, eet, drink, dink, raak mal
Stap, slaap, eet, drink, dink, eet, slaap mal

In Pretoria
In Pretoria
In Pretoria
In Pretoria

Dis Pretoria
Pretoria

Die grootste Afrikaanse stad in die Suidelike Halfrond (Dis Pretoria)

Hoe verder ek loop, hoe minder raak my hoop (In Pretoria)
Want dit lyk vir my 'n snor is meer nodig as a tjor (In Pretoria)
Hul ry 'n Ford Snortina en hul eet snorgasbord (In Pretoria)
En ek soek nou al vir jare vir 'n man sonder die hare (Van Pretoria)
O, red my, liewe Bok, van hierdie nare snor-komplot (In Pretoria)

Aah, as ek 'n terroris was
Het ek 'n snorbom ontwerp (Vir Pretoria)

Mnr Snortjé, ek sien jou weer en weer en weer (Dis Pretoria)
Daar is iets in die lug, dit trek die haar uit jou gesig (In Pretoria)
Elke man se bek leef in die skadu van die gek (Pretoria)
O, my liewe aarde, ek het te lank gepraat, all jy wat sien is net hare (Pretoria)