
Steeds Naby
Al val ek vêr
Vêr teen die grond
Tel U my op
Maak my gesond
Al daal ek diep
In pyn en verlore
Sal U my help
Sal U my hoor
Hoor as ek skree
En ook as ek sing
Of in 'n fluister twyfel bring
Dan sal my lied vir ewig bly
Nader my God
Steeds naderby
Na aan U hart, U Vaderhart so naby
Dan sal my mond aanbidding bring
En uit die stof
My lof bly sing
Na aan U hart, U Vaderhart so naby
Al draai ek weg
In sonde verraad
Sien ek die kruis
U liefdesdaad
Al sou ek blind
In donker verdwaal
Dan sal U lig
My daar kom haal
U sien my vrees
In skadu van dood
U hoor my kreet
In angs, in nood
Dan sal my lied vir ewig bly
Nader my God
Steeds naderby
Na aan U hart, U Vaderhart so naby
Dan sal my mond aanbidding bring
En uit die stof
My lof bly sing
Na aan U hart, U Vaderhart so naby
Dan sal my lied nog bly
Nader my God by U
Nader my God by U
Steeds naderby
Dan sal my lied nog bly
Nader my God by U
Nader my God by U
Steeds naderby
Dan sal my lied nog bly
Nader my God by U
Nader my God by U
Steeds naderby
Dan sal my lied vir ewig bly
Nader my God
Steeds naderby
Na aan U hart, U Vaderhart so naby
Dan sal my mond aanbidding bring
En uit die stof
My lof bly sing
Na aan U hart, U Vaderhart so naby
Na aan U hart, U Vaderhart so naby