Esti

U Anker Ons


Print songSend correction to the songSend new songfacebooktwitterwhatsapp

Soos die woorde van my dag
Tot 'n einde kom en rus
Staan ek stil en kyk ek weer terug
Na al die dinge in my dag
En wat het ek vermag
Om die mooiste skemer te verdien

Dan sien ek Jou daar staan
Met ope arms glimlag
Die Here weet wat ek elke aand wil sien
En met 'n glimlag in my hart
Stap ek in Jou arms in
En lê my blydskap saggies op Jou neer

Want U's ons rots en ons sterkte
Van ons opstaan tot ons slaap
En op U sal ons die toekoms saam kan bou (Saam kan bou)
As ons elke dag
Bid vir krag, met ons hele hart
Op U wag, sal ons weet

U anker ons
U anker ons

Dag vir dag
Loop ons die pad, deur die diepste donker
Hand aan hand, ons sal sterk staan
Met U woord aan ons kant
Soos ons ouer word, en ons kinders groei sal ons elke dag
U naam belei en hul leer
Om ook naby U te bly

Aan die einde van ons lewensreis
Wanneer die dood ons op kom eis
En een van ons dalk agter sal moet bly
Sal ons steeds bly staan in Sy liefde saam
Tot die dag wat ons saam sal gaan
Om in ewigheid nooit alleen te staan

Want U's ons rots en ons sterkte
Van ons opstaan tot ons slaap
En op U sal ons die toekoms saam kan bou (Saam kan bou)
As ons elke dag
Bid vir krag, met ons hele hart
Op U wag, sal ons weet

U anker ons
U anker ons

En elke dag
Wanneer ons bid vir krag
Sal ons weet

U anker ons