Manne Wat Glo

Vergewe My Here


Print songSend correction to the songSend new songfacebooktwitterwhatsapp

As ek stil word en ek praat met U, o Heer
Voel my hart so leeg, ek's moeg om te probeer
En ook dikwels voel ek so verward
Oor die sondeskuld diep hier in my hart

Ek's 'n man wat weet waarin ek glo
En ek weet my hulp is net van bo
Maar o Heer, ek het alweer geval
En ek bid U moet my weer kom haal

Vergewe my Here as ek bely
Ek sal my lewe aan U toewy
Vergewe my Here, maak my vry
Om U te dien met alles binne my

Vergewe my Here as ek bely
Ek sal my lewe aan U toewy
Vergewe my Here, maak my vry
Om U te dien met alles binne my

Ek weet die Here het my stem gehoor
Hy't my vergewe, Hy't my gebed verhoor
'n Wonderwerk het nou met my gebeur
Ek behoort aan U, my God ek sal U eer

Vergewe my Here as ek bely
Ek sal my lewe aan U toewy
Vergewe my Here, maak my vry
Om U te dien met alles binne my

Vergewe my Here as ek bely
Ek sal my lewe aan U toewy
Vergewe my Here, maak my vry
Om U te dien met alles binne my