Len Muller

Vir Die Een Wat Geval Het


Print songSend correction to the songSend new songfacebooktwitterwhatsapp

Ek het 'n droom gehad
Daar was 'n oop kis gewees
Hartseer in die atmosveer

En toe ek deur die stil gesigte beweeg
En in die kis in kyk
Het ek ontdek dis ek

En ek staan
Ek wonder wat my lewe sê
Ek wonder hoe my storie lees na ek weg is
Wat ek agter gelos het

Toe ek my oë oopmaak
Was alles weer soos dit is
Maar iets was anders in my

Uit die stof het ons opgestaan
In stof sal ons weer gaan lê
Hierdie is jou tweede kans
Hierdie is jou tweede kans

En ek staan
Ek wonder wat my lewe sê
Ek wonder hoe my storie sal lees na ek weg is
Wat ek agter sal los

En vandag
Het ek besluit dat ek wil leef
Het ek besluit dat op die pad na my einde
Sal ek 'n hand wees vir die een wat geval het

Tot die asem uit my longe uit kwyn
Tot my vlees hier in die aarde verdwyn
Sal ek hardloop vir die lig
Tot die ewigheid my kom haal

En ek staan
Wonder wat jou lewe sê
Wonder hoe jou storie sal lees na jy weg is
Wat jy agter sal los


Writer/s: JATTIE DE BEER, LENDERD BAREND JOHANNES MULLER