Joshua Na Die Reën

Weef in Die Maanlig


Print songSend correction to the songSend new songfacebooktwitterwhatsapp

Ek het rustig langs jou lê en slaap
Toe jou hand aan myne raak
En die nag word blind
Die nag word blind in my

Ek het my oë oop gemaak
Soms is my fokus net op wat
Kort kom
Kort kom in my

As my voete dan die pad
Na die daal van skaduwees wil vat
Sal jy my terug trek na nou
Lees die diepte in my lag
En as dit eg is laat my lag
Maar as dit seer is laat my huil

Ek wou my lewe wyd oop maak
Om iets te wees wat beter raak
Maar die tyd verloop
En die wyn bly loop in my

Hardloop spore oor my strand
Weef in die maanlig weef my hart
Ek voel so min, ek is te min vir jou

As my voete dan die pad
Na die daal van skaduwees wil vat
Sal jy my terug trek na nou
Lees die diepte in my lag
En as dit eg is laat my lag
En as dit seer is laat my huil

Ek het rustig langs jou lê en slaap
Toe jou hand aan myne raak
En die nag word blind
Die nag word blind in my