LUCAS MAREE


Fecha de nacimiento:
22 de julio de 1952
Fecha de fallecimiento:
18 de febrero de 2011

Sumario
Trovapedia
Canciones compuestas por
Lucas Maree
Cancioneros con canciones
de Lucas Maree
Lucas Lodewyk Maree (22 Julie 1952 - 18 Februarie 2011) was 'n bekende Afrikaanse sanger en liedjieskrywer. Hy was veral bekend vir sy treffer Ek sou kon doen met ’n miljoen. M-Net het byvoorbeeld die liedjie vir hulle TV-reeks "Doen met 'n Miljoen" gebruik.


Biografie



Maree is op 22 Julie 1952 in Johannesburg, Suid-Afrika gebore. Hy gaan skool by die Laerskool Danie Malan in Pretoria-Noord en matrikuleer later vanaf die Hoërskool Langenhoven.

Hy verwerf die volgende kwalifikasies: BA Drama aan die Universiteit van Pretoria asook Nasionale Diplomas vir Film-produksie Tegnici en Fotografie.

Hy trou in 1981 met Ilse en skryf in 1982 sy eerste Afrikaanse liedjie.

Maree is in 2009 met prostaatkanker gediagnoseer. Hy is op 18 Februarie 2011 aan nierversaking by die Hill & Dale-versorgingsoord oorlede. Hy laat sy vrou, Ilse en dogters Monica (ook 'n sanger en liedjieskrywer), Linda en Carla agter.


Loopbaan



Maree het vir die grootste gedeelte van sy loopbaan Engelse musiek in kroeë en restaurante in en om Pretoria en Johannesburg gespeel onder andere "After dark" en "Fonteine pub en grill" . Gedurende 1981 begin hy in Afrikaans skryf, nadat hy onder die invloed van 'n vriend by Jannie du Toit se huiskonserte 'n draai gaan maak het, en onder andere vir Coenie de Villiers daar hoor sing het.

Die drie musikante is van toe af groot vriende en het dikwels saam opgetree.

Sy eerste plaat, Kiekies, word in 1984 vrygestel. In 1986, werksaam by Nic Taylor se ateljee, maak hy 'n tweede plaat saam met Coenie, Jannie en Nic. Dit is ʼn huldigingsalbum opgedra aan Koos Du Plessis. Die titel is Koos se Plaat Gedurende 1988 raak hy betrokke by Anton Goosen en dié verbintenis lei tot die stig van 'n groep met die naam Die Kommissie van Ondersoek asook 'n album getiteld Die winde van verandering.

Vyf jaar later, onder die aansporing van Jannie du Toit maak Lucas sy eerste CD, Miljoen.
Gedurende 1996 maak hy 'n tweede CD Kiekieskonsert. Die album was baie gewild as gevolg van die LIVE elemente en die stories wat hy tussen die liedjies vertel. Tydens 1998 maak hy die album Mot om die Kers, wat 'n SAMA-toekenning wen vir die Beste Afrikaanse album. In 2000 maak hy die album Blouberg wat omstrede was weens die feit dat dit uit die herskryf van 'n aantal ou tradisionele Afrikaanse Volksliedjies bestaan het. 'n Paar mense en instansies sou voel dat hy 'n paar heilige koeie negatief aangetas het. Nietemin was die album baie gewild.

In 2001 tree hy weereens in die buiteland op, en wel in Londen tydens die eerste UKKASIE kunstefees by die Wembley-stadion. Hier loods hy die album Things, sy eerste Engelse CD asook die eerste Suid-Afrikaanse CD wat in Londen vrygestel word. Hy tree ook daardie jaar vir die eerste keer in Nieu-Seeland op.

Gedurende 2002 maak hy die album Lucas & Kie, sy eerste "Greatest Hits" en dit verkoop besonders goed. Vir die volgende twee jaar tree hy gereeld in Engeland, Nederland, Kanada, Nieu-Seeland en Australië op. Hy was ook een van die min Afrikaanse sangers wat die geleentheid gehad het om op die Royal Albert-saal se verhoog in Londen op te tree.

Hy speel vir die eerste keer in 'n film Ouma se slim kind in 2005. Sy liedjies verskyn later in 'n boek waarin al die akkoorde en klavier- en kitaarverwerkings opgeneem is.

In 2007 besluit die Soweto-strykkwartet op twee van sy liedjies vir hulle nuwe CD.

In 2008 maak Lucas die eerste Blu-ray HD dvd in Afrikaans verfilm deur Blixem Produksies waar hy van sy jare lange kollegas soos Jannie Du Toit, Christa Steyn, Coenie de Villiers, Mathys Roets, Andre Swiegers asook sy twee dogters, Monica en Linda hom vergesel op die verhoog om van sy grootste treffers uit te voer.

In 2009 stel hy die laaste album wat hy self aan gewerk het vry naamlik " Lankverwag". Hierop verskyn 'n paar nuwe liedjies sowel as covers van van sy gunsteling Afrikaanse liedjies soos " Liedjie vir jou" " Onder in my whisky glas" "Klein karoo" saam met Ollie Viljoen en vele meer.

In 2010 na dit bekend gemaak is dat Lucas met kanker gediagnoseer is het Alexa Strachan saam met Mathys Roets en Mathys Maree in same werking met Sarie Tydskrif aan 'n ensemble projek genaamd " Een uit 'n miljoen - Vir Lucas" begin werk waar verskeie kunstenaars hulle weergawe van Lucas se bekende treffers doen. Kunstenaars soos Mathys Roets, Coenie De Villiers, Laurinda Hofmeyer, Steve Hofmeyer, Kurt Darren, Richard van der Westhuizen, Lochner de Kock, Jannie du Toit, Christa Steyn, Anton Goosen, Dozi, Danie Niehaus, Kevin Leo, Jannie Moolman, Schalk Joubert en vele meer verskyn op die album.

In 2011 is Plakboek vrygestel na Lucas se dood en 2012 is " Met liefde van Lucas" vrygestel met Lucas se liefdes ballades op.


Diskografie



Enkele van Maree se albums:
  • Met liefde van Lucas - 2012
  • Plakboek - 2011
  • Een uit 'n Miljoen - Vir Lucas - Verskeie 2010
  • Lucas Maree en Vriende CD/DVD, 2009 MILJOEN MUSIEK/SELECT
  • Lankverwag, MILJOEN MUSIEK/SELECT
  • Lucas Maree: Musiek en lirieke boek, 2007 LAPA
  • Lucas & Kie, 2002 JNS MUSIEK
  • Things, 2001 JNS MUSIEK
  • Blouberg, 2001 JNS MUSIEK
  • Mot Om Die Kers, 1998 JNS MUSIEK
  • Die Kiekies Konsert: Weer ´n Keer, 1996 JNS MUSIEK
  • Miljoen, 1993 JNS MUSIEK
  • Kiekies... LP/CD, 1984 INHUIS/TRIO


Verwysings




Sien ook



  • Afrikaanse musiek
  • Lys van Suid-Afrikaanse musikale kunstenaars


Eksterne skakels



  • Maree se amptelike webtuiste
  • Kategorie:Suid-Afrikaanse musici
    Kategorie:Geboortes in 1952
    Kategorie:Sterftes in 2011
     El contenido de este artículo ha sido extraído de la Wikipedia en afrikáans bajo licencia Creative Commons.

     










     
    PUBLICIDAD
    PUBLICIDAD

     

    LO + EN CANCIONEROS.COM

     

    HOY DESTACAMOS
    Novedad discográfica

    el 15/09/2018

    El trovador mexicano Alejandro Filio acaba de lanzar su último disco Trova azul, un disco a guitarras y voz que hoy nos cuenta canción a canción.

    HOY EN PORTADA
    Nuevo cancionero y discografía

    por Pepi Bauló el 29/08/2018

    Presentamos el octavo de nuestros cancioneros y discografías anunciados en el marco de nuestro vigésimo aniversario. Martirio —alter ego de Maribel Quiñones—, artista grande y todavía creciendo, aprendiz y maestra, fundamental y fundamentada.

     



    © 2018 CANCIONEROS.COM, CANDIAUTOR 2010 SL

    Notas legales

    Qué es cancioneros
    Aviso legal
    • Política de privacidad

    Servicios

    Contacto
    Cómo colaborar
    Criterios
    Estadísticas
    Publicidad

    Síguenos

       

     

    Acceso profesional