CHRISTA STEYN



Christa Steyn, gebore Christina Maria Schutte, (15 Junie 1958 in Krugersdorp – 11 Junie 2012 in Pretoria) was 'n komponis, pianis en Afrikaanse sangeres wat bekend is vir haar werk saam met Jannie du Toit (onder andere as Jannie en die Tannie). Haar verwerkings het verskeie kunstenaars help vestig, onder andere Anneli van Rooyen, Karin Hougaard en Jan de Wet.

Fecha de nacimiento:
15 de junio de 1958
Fecha de fallecimiento:
11 de junio de 2012

Sumario
Trovapedia
Canciones compuestas por
Christa Steyn
Cancioneros con canciones
de Christa Steyn
Escúchalo en Apple Music



Biografie



Christa Steyn het by haar ma, Myra Schutte, geleer om klavier te bespeel. Haar pa was die NG predikant dr. Ben Schutte wat onder andere drie verskillende gemeentes op Potchefstroom bedien het. In 1962 op vier-jarige ouderdom begelei sy reeds haar kleuterskool se koortjie wat Die Oukraalliedjie sing sonder dat haar ma daarvan weet.

Sy studeer musiek by die PU vir CHO en begin met klavierlesse by prof. Pieter de Villiers. Sy sukkel aanvanklik met musiekteorie, maar slaag haar teorie-eksamen in 1972 met lof.

In 1973 wen sy die Collegium Musicum-kompetisie vir 3 agtereenvolgende jare. In 1981 word haar eerste ses liedjies (as solo sanger) opgeneem, onder ander Eerste Liefde en Bly By My. In 1982 en 1984 wen sy Crescendo se komposisie-afdelings. In 1986 verskyn haar eerste plaat, Aan Die Einde Van Die Reënboog.

In 1988 word sy as musiekregisseur van Crescendo aangestel waar sy diens doen tot 1993. In 1991 word sy aangestel as die kursusleier van die ATKV se Ligteliedjiewerk-skool tot 2000. In 2004 word sy deur die ATKV aangewys as die Afrikaanse Liedjieskrywer van die jaar.

Vanaf 1986 werk sy vir 25 jaar as pianis en mede-kunstenaar saam met Jannie du Toit op die verhoog, in ateljees en as mede-skrywer van liedjies. Hulle besoek saam 25 lande en tree in 21 van die lande op. Hulle gewildste verhoogproduksies sluit in Blik en Snaar (1986), Skadu's teen die muur (1992), De Kleine Man (1994v en 2000), Musiek en Repliek – Klas van '79 (saam met Lucas Maree – 1999), Nagkantoor saam met 'n verskeidenheid ander kunstenaars onder regié van Sandra Prinsloo en met 'n teks van PG du Plessis – 2004), Jannie en die Tannie (2006), Hartsnaar (saam met haar seun Douw Steyn, Mariëtte Galjaard en Werner Spies – 2008), Houtkruis (saam met verskillende kunstenaars – 2008) Brel in Brooklyn (saam met Laurika Rauch en Sergio Zampolli 2010)

Christa is op 11 Junie 2012 oorlede nadat sy ’n lang stryd teen kanker verloor het.


Diskografie



  • Jannie en die Tannie, Twee Musikante – 20 Jaar DVD, 2005/2006 SELECT
  • My Treffers, 2004 EMI
  • Christa speel die "oldies", 2002
  • Rondo, 1999 ANZ/JNS
  • Baroque for Babies, 1997/1999
  • Strykers vir Snuiters kompilasie, 1996/1998 EMI
  • Christa speel die Meesters, 1996 JNS
  • Burlesque, 1994 JNS
  • Spirit of Ecstasy, 1989 JNS/BRIGADIERS
  • Christa Steyn TC/LP, 1987 VENUS
  • Neem My Hand My Vriend / Dapper Vrou 7", 198? VENUS
  • Aan Die Einde Van Die Reënboog TC/LP, 1986
 El contenido de este artículo ha sido extraído total o parcialmente de la Wikipedia en afrikáans bajo licencia Creative Commons.

 










 
PUBLICIDAD
PUBLICIDAD

 

LO + EN CANCIONEROS.COM

 

HOY DESTACAMOS
La compañera de Atahualpa Yupanqui

el 21/05/2020

Fue la mujer que acompañó a Yupanqui durante casi medio siglo. Pese a que era una gran concertista de piano, dejó a un lado su carrera para acompañarlo. Junto a Atahualpa compuso 65 canciones de enorme éxito, como El arriero y Luna Tucumana.

HOY EN PORTADA
28 aniversario de su partida

el 21/05/2020

Hace 28 años, Atahualpa Yupanqui, el máximo exponente del folclore argentino moría en Nimes, Francia, horas después de tener que cancelar un recital. Un virtuoso de la guitarra, un poeta de las cosas simples, un hombre comprometido con sus ideas y con su tierra. Un artista que recién en los últimos años fue merecidamente reconocido por su país.

 



© 2020 CANCIONEROS.COM

Notas legales

Qué es cancioneros
Aviso legal
• Política de privacidad

Servicios

Contacto
Cómo colaborar
Criterios
Estadísticas
Publicidad

Síguenos

   

cancioneros.com/letras
Acceso profesional