RICHARD VAN DER WESTHUIZEN


Fecha de nacimiento:
01 de enero de 1953

Sumario
Trovapedia
Canciones compuestas por
Richard Van Der Westhuizen
Cancioneros con canciones
de Richard Van Der Westhuizen
Richard van der Westhuizen is 'n Suid-Afrikaanse musiekkunstenaar en akteur. Richard is in 1953 in Nababeep, Namakwaland, gebore. Na sy laerskooljare in Nababeep matrikuleer hy aan St. Joseph's College in Rondebosch. Hy behaal die graad B.Sc. (Boukunde) aan die Universiteit van Pretoria. Hy werk 'n ruk lank vir 'n boekie in Pretoria en toe 'n jaar lank as kroegman van die Okiep Hotel. Daarna begin hy met toneelspel.


Verhoogoptredes



Van Richard se verhoogoptredes sluit in:
  • Die van Aardes van Grootoor, deur Pieter-Dirk Uys, 1979, Markteater, Johannesburg.
  • Die Staatsgetuie, deur Agatha Christie, 1979, Windhoekteater.
  • Plaston DNS-kind, deur P.G. du Plessis, 1981, Stadskouburg, Bloemfontein.
  • Die Goue Kring, deur Uys Krige, 1982, Stadskouburg, Bloemfontein.
  • Die Potlooddief en die Engel, deur Ampie van Straten, 1985, Staatsteater, Pretoria.
  • The Time of the Hyena, deur Mitzi Booysen, 1986, Windybrowteater, Johannesburg.
  • Hamlet, deur William Shakespeare, 1987, Staatsteater, Pretoria.
  • Panorama, deur Pieter-Dirk Uys, 1987, Grahamstadfees.
  • Minnaar onder die Wapen (Arms and the Man), deur George Bernard Shaw, 1987, Windhoekteater.
  • Die Laaste Strooi, saamgestel deur Ilse van Hemert uit die werke van C.J. Langenhoven, 1998, 1999, Klein Karoo Nasionale Kunstefees, Aardklop Kunstefees, Durban, Bloemfontein, Pretoria, Stellenbosch.


Televisieoptredes



Van Richard se televisieoptredes sluit in:
  • 1945, deur Chris Barnard, 1983, vervaardig deur Sonneblom Films onder regie van Nic de Jager.
  • Die Meisie van Suidwes, 1984, vervaardig deur Elmo de Witt Films, regie deur Reghardt van den Bergh.
  • Die Mannheim Sage, deur Lerina Erasmus, 1986, regie: Koos Roets.
  • Agter Elke Man, deur Franz Marx, 1988, regie: Franz Marx en Laurence Lurie.
  • Ballade vir 'n Enkeling, deur Leon van Nierop, 1991, vervaardig deur die SAUK onder regie van Henry Milne.
  • Death in the Family, 1994, vervaardig deur Waterfront Productions onder regie van Annie Basson.
  • Honeytown I & II, 1995,1997 onder regie van Ian Roberts en Etienne de Villiers.
  • Arsenaal, deur Jan Scholtz, 2002, vervaardig deur Scholtz Films.
  • Paradys, deur Paul C. Venter, 1998, vervaardig deur Eklips.
  • Onder Draai die Duiwel Rond, deur Chris Barnard, 1998, vervaardig deur Sonneblom Films onder spelleiding van Katinka Heyns.
  • Samaritaan, deur Paul C. Venter, 1999, vervaardig deur Eklips.
  • Plek van die Vleisvreters, 2004, vervaardig vir Kyknet.
  • Hart van Staal, 2005, vervaardig deur Westel vir Kyknet.
  • 7de Laan as Emma se Pa, deur Danie Odendaal, 2005 en 2006.
  • Dryfsand, deur P.G du Plessis, 2007, vervaardig deur Krisan produksies onder regie van Koos Roets.
  • Andries Plak, deur P.G. du Plessis, 2007 vir SABC2, regie Koos Roets.
  • Riemvasmaak, deur Peter en Margaret Goldsmid, 2008, vir SABC2, onder regie van Peter Goldsmid.


Rolprente



Van die rolprente waarin Richard verskyn het sluit in:
  • Treurgrond, 2015 as die voorsitter
  • Karate Kallie, 2009
  • Stoute Boudjies, 2010
  • Liewe Hemel, Genis!, 1987 as Kobus Maree


Sien ook



  • Afrikaanse musiek
  • Lys van Suid-Afrikaanse musikante


Eksterne skakels



Kategorie:Suid-Afrikaanse akteurs
Kategorie:Suid-Afrikaanse musici
Kategorie:Geboortes in 1953
 El contenido de este artículo ha sido extraído de la Wikipedia en afrikáans bajo licencia Creative Commons.

 










 
PUBLICIDAD
PUBLICIDAD

 

LO + EN CANCIONEROS.COM

 

HOY DESTACAMOS
Ánimo animal

por Francisco Espinosa el 12/12/2018

El pasado 10 de diciembre un abarrotado Wizink Center de Madrid homeanajeaba a Luis Eduardo Aute de la mano de veinte voces como las de Joan Manuel Serrat, Silvio Rodríguez, Joaquín Sabina, Vicente Feliú, Vïctor Manuel, Ana Belén, Pedro Guerra o Ismanel Serrano, entre otros.

HOY EN PORTADA
Entrevista a Litto Nebbia (II)

por Manel Gausachs el 14/12/2018

Hoy publicamos la segunda parte de la entrevista que tuvimos con el maestro rosarino en su última visita a Barcelona. Proseguimos hablando de su faceta como productor, de su nueva autobiografía Mi banda sonora y de lo cerca y lejos que está a la vez entre sí todo el mundo hispánico de la música.

 



© 2018 CANCIONEROS.COM, CANDIAUTOR 2010 SL

Notas legales

Qué es cancioneros
Aviso legal
• Política de privacidad

Servicios

Contacto
Cómo colaborar
Criterios
Estadísticas
Publicidad

Síguenos

   

 

Acceso profesional