Boy Van Die Suburbs [Live]


Huismoles in sy fles
Een twee drie safe vyf ses
O, boy van die suburbs
Gaan kuier vanaand

Die langnaweek sak hy af
Durbs toe en weer terug
Een duisend cc
Brul deur die lug

Hy luister na Elvis
En die hartseer sonskynsusters
Sussie speel saam
Oppie Hawaiian kitaar

Kabouter by die voorhek
Vistenk in die sitvertrek
Taai ding by die sifdeur
Wat goggas laat vrek

Hy's die boy van die suburbs
Boy van die suburbs
Boy van die suburbs
Gaan die ysterperd slaat

Boy van die suburbs
Boy van die suburbs
Boy van die suburbs,
Gaan die ysterperd slaat

Saterdag middag
Tot diep laat na die middernag
Skoffel hy en Poppie
By Bapsfontein

Sy's Cherry en sy's Baby
Syne en sy's lief vir hom
Agter op die saal
Kan die wêreld ook maar kom

Hy's gebou soos 'n droom
En die spiere rol en blink
Tatoe op sy bors
Van 'n groot skip wat sink

En boy van die suburbs
Fancy vir Poppie de Jager
En boy van die suburbs
Maak true love met haar

Boy van die suburbs
Boy van die suburbs
Boy van die suburbs
Gaan die ysterperd slaat

Boy van die suburbs
Boy van die suburbs
Boy van die suburbs
Gaan die ysterperd slaat

Die ou engeltjies daarbo
Het 'n liggie in hul oë
Want hul weet en waardeer sy waarde
Hul weet
Hy's die sout van die aarde

Boy van die suburbs
Boy van die suburbs
Boy van die suburbs
Gaan die ysterperd slaat

Boy van die suburbs
Boy van die suburbs
Boy van die suburbs
Gaan die ysterperd slaat

Hy's die boy van die suburbs
Boy van die suburbs
Boy van die suburbs
Gaan die ysterperd slaat

Boy van die suburbs
Boy van die suburbs
Boy van die suburbs
Gaan die ysterperd slaat