Die Brug Op Ons Plaas


Ek dink weer vanaand aan die brug op ons plaas
Gebou oor 'n heldere stroom
Want daar het my Lenie en ek vaak, helaas
Van liefde in die maanskyn gedroom

Dis daar wat ek haar het gevra en sy my
Gesê het dat ek haar kan kry
En skoon ver verwyder, deur my hart gaan terug
Na die plek op ons plaas by die brug

Ek hoor nog die stroom se geluid
Ja'k hoor nog die voëltjies fluit
En skoon ver verwyder, my hart gaan terug
Na die plek op ons plaas by die brug

Ons vriendskap van ouds is nog in my gemoed
So fris as in jare voorheen
Nog diep in my hart klink jou stem, lief en soet
En fluister my in, hou maar moed

Ek dink aan jou snags as die sterretjies blink
Die lied van die nagtegaal klink
Want dan gaan my hart met genot nog eens terug
Na die plek op ons plaas by die brug

Ek hoor nog die stroom se geluid
Ja'k hoor nog die voëltjies fluit
En skoon ver verwyder, my hart gaan terug
Na die plek op ons plaas by die brug


Autor(es): Charles Jacobie