Ek Sal Sing


Hier in die stilte sal ek wag
Al woed die storm al dreig die nag
'n Duisend stemme koggel my
Maar by U voete wil ek bly
Want my oë is op U

Ek sal sing van U oorwinning want U leef
Ek sal wag op U verlossing want ek weet
U veg vir my

Hier op my knieë sien U my
'n Hart wat glo, 'n mond wat bely
Dat U waarheid by my is
Al is daar stilte, al voel ek niks
Maar my oë is op U

Ek sal sing van U oorwinning want U leef
Ek sal wag op U verlossing want ek weet
U veg vir my
En daarom bly ek steeds op U vertrou
U veg vir my
O, Redder help my, Heiland so getrou
U veg vir my
U veg vir my
U veg vir my
U veg vir my

O, ek sal sing van U oorwinning want U leef
Ek sal sing van U redding keer op keer
En ek sal bly wag op U verlossing want ek weet
U veg vir my
O, U veg vir my
U veg vir my
U veg vir my