Heilig


Heilig is die lewe
Die geskenk van als wat is
Dis die gawe ons gegewe
Sodat ons ook lig kan sien

Heilig is die sterre
Die lig wat ons laat leef
Ons is almal daar gebore
Ons gaan almal weer terug

Heilig is geboorte
Die reinheid van nuut begin
Welkomkrete van 'n boorling
Laat 'n ouerhart weer sing
Heilig om te sterwe
Want dit dwing ons om te leef
Dit heg waarde aan die lewe
Dit heg waarde aan die dood

Heilig is berge
Want hul wys ons hoe klein ons is
Met hul pieke in die wolke
Maar hul voete op die grond

Heilig is die winde
Want hul waai ons sondes weg
Hulle bring die nuwe wolke
Hulle bring die nuwe reën

Heilig is die water
Wat ons was en wat ons is
Heilig van die berge
Heilig tot in die see


Autor(es): Riku Latti