Hy Kom Op die Wolke

Saam loop ons
Deur 'n donker wêreld
Donker wolke
Gaan lê voor die son

Die storm dreig, die winde waai
Teen die golwe oor die see
Maar teen die horison
Sien ek die Koning wat kom

Hy kom op die wolke
Hy praat met die weer
En sê vir die berge
Staan op, en werp jou oor die diepblou see

Hy kyk na die waters
En skeur dit in twee
En vir my hart het hierdie Koning, Sy lewe kom gee
Sy lewe kom gee

Hier staan ek
In hierdie donker wêreld
En deur die donker wolke
Gewaar ek weer die son

En waar ek oral om my kyk, sien ek harte so verlore
Maar dié wie soek sal vind die kinders van die wind
Moet weet die Koning kom

Hy kom op die wolke
Hy praat met die weer
En sê vir die berge
Staan op, en werp jou oor die diepblou see

Hy kyk na die waters
En skeur dit in twee
En vir my hart het hierdie Koning, Sy lewe kom gee

Hy kom op die wolke (Hy kom op die wolke)
Hy praat met die weer (Hy praat met die weer)
En sê vir die berge (Sê vir die berge)
Staan op, en werp jou oor die diepblou see

Hy kyk na die waters (Hy kyk na die waters)
En skeur dit in twee (En skeur dit in twee)