Reën in die Kaap
Kyk hoe lekker reën dit in die Kaap vanaand
Die liggies brand maar die straat is nat
Kyk hoe lekker reën dit in die Kaap vanaand
Terwyl my kamervenster prentjies maak
Kyk hoe lekker reën dit in die Kaap vanaand
Die druppels fluister jou naam
Kyk hoe lekker reën dit in die Kaap vanaand
En jy het al gaan slaap
Môre as die son weer skyn
En al my trane verdwyn
Dan stuur ek hierdie liedjie op die rug van die wind
Maak seker dat jy
Dit sal kry
Kyk hoe lekker reën dit in die Kaap vanaand
Dis aanhoudend soos die stroompies in Andringastraat
Kyk nou net hoe reën dit in die Kaap vanaand
En jy het al gaan slaap
Môre as die son weer skyn
En al my trane verdwyn
Dan stuur ek hierdie liedjie op die rug van die wind
Maak seker dat jy
Dit sal kry
Ons het jou gegroet op 'n koue Saterdag oggend
Dit het gereën maar almal was daar
Ma het gehuil, maar ek het haar hand vasgehou
Pa se gebed was melancholies maar opreg
Toe alles oor was het jou vriende my geroep
Om 'n bier te gaan drink op jou
Jy was te jonk
Ek ook
Môre as die son weer skyn
En al my trane verdwyn
Dan stuur ek hierdie liedjie op die rug van die wind
Maak seker dat jy
Dit sal kry
Kyk hoe lekker reën dit in die Kaap
Vanaand