Spieëltjie


In die vier hoeke van die spieël
Sien ek dinge wat my pla
Dinge wat my pla
Ek sien 'n refleksie van my siel
In hierdie eindelose spieël
Die wêreld se spieël

So soek my anderkant die maan vanaand
Want ek kry skaam
Skaam oor dinge wat ek sien
In hierdie eindelose

Spieëltjie, spieëltjie sê vir my
Hoe sien die ander mense my
Sien hulle ook die beeld wat ek in die oggend kry
Spieëltjie in my hand
Hoekom vat jou antwoord lank
Ek wens ek was in 'n feëverhaal uit sprokiesland
Uit sprokiesland

In die vier hoeke van die spieël
Kry ek iemand wat my vra
Wat's jou naam?

In hierdie prentjie in my spieël
Is daar 'n onbekende siel
Maar dit bly my spieël
So soek my anderkant die maan vanaand
Want ek kry skaam
Skaam oor dinge wat ek sien
In hierdie eindelose

Spieëltjie, spieëltjie sê vir my
Hoe sien die ander mense my
Sien hulle ook die beeld wat ek in die oggend kry
Spieëltjie in my hand
Hoekom vat jou antwoord lank
Ek wens ek was in 'n feëverhaal uit sprokiesland
Uit sprokiesland

Die beelde
Verander
Soos die jare verbygaan
Jou woorde
Maak seer
Wanneer ek dit sien

Spieëltjie, spieëltjie sê vir my
Hoe sien die ander mense my
Sien hulle ook die beeld wat ek in die oggend kry
Spieëltjie in my hand
Hoekom vat jou antwoord lank
Ek wens ek was in 'n feëverhaal uit sprokiesland

Spieëltjie, spieëltjie sê vir my
Sal ek by jou my antwoord kry
Uit sprokiesland
Uit sprokiesland