Sprokie Vir 'n Stadskind


As die reën van stof en roet
Verby is
En die rook verdwyn
Sal daar in die sterrelose hemel
'n Neonboog
Verskyn

En kyk maar goed
Want as jy hom vind
Vertel ek vir jou
'n Sprokie my kind
Van 'n skatkis
Met ou kettings gebind
Aan die neonboog
Se punt

Volg hom elke nag oor swart riviere
Oor kranse
Van beton
As jy aanhou stap, tien duisend ure
Sal jy dalk
Daar kom

Maar hier
Moet jy jou nimmer laat bind
Want so lui die ou, ou sprokie my kind
As jy geluk
En vrede wil vind
Soek
Die neonboog
Se punt

Volg hom elke nag oor swart riviere
Kyk nie eenmaal om
Dalk vind jy die land van blou saffiere
En dalk
'n Brokkie
Son