Was Ek Maar 'n Digter
Was ek maar 'n digter, sou ek dalk kon beskryf
Wat jy aan my doen
En hoe ek oor jou voel
In gewone taal mag dit klink
As of ek oordryf
As ek probeer hoop ek jy sal verstaan wat ek bedoel
Ek sal jou liefhê tot die hane ophou kraai
Tot die leeu en die lam bymekaar gaan lê
Totdat stilte oor die aarde kom en die wind nie langer waai
Totdat gras aan die hemel ingroei sal ek jou liefhê
Totdat al die woorde van my tong verdwyn
Tot die hoop bestaan, die son niemeer wil skyn
Tot die berge wegsink in die see, en verewig daar bly lê
Dis hoe lank, my liefling, ek jou sal lief hê
Dis jy wat my in gedagtes kan wegvoer
Na die maan en die sterre wat deur my venster loer
Jy's die warm van 'n kaggelvuur
Die sprank van vonkelwyn
En die son wat die mis laat, soggens laat verdwyn
Ek is net 'n mens en my swakheid lê by jou
Hart en siel gee ek, daar is niks wat ek weerhou
Net voor die woorde opraak is daar iets
Wat ek nog moet sê
Verewig liefling, sal ek jou lief hê
Verewig liefling, sal ek jou lief hê
Autor(es): Johan Wessels