Dans Voor Jou Deur


Eensaamheid
Die lewe se grootste leuen
Het by jou hart in gekruip en 'n leemte gelaat
Wat jy daagliks met jou wêreld se dinge wil volmaak

Breekbaarheid
Getrek oor jou lewe se soom
Jy't genoeg van die seer van jou geliefdes gedra
Nou is jou ore gesluit vir die stem wat jou wegdra

Woorde kan jou breek
Eindig of begin
Maar soos heuning op my lippe
Is die klank van jou naam

Wie jy is is alreeds genoem
Jou naam op my hande geskryf
En ek dans voor jou deur
As die winter jou vreugde steel
En die nagte jou drome verweer
Wil my hart vir jou sê

Kosbaarheid
Jou hartklop se lied in my oor
My gedagtes oor jou hou die maan op sy plek
Sodat hy jou in die aand met sy arms kan toe vou

Woorde kan jou breek
Eindig of begin
Maar soos heuning op my lippe
Is die klank van jou naam

Wie jy is is alreeds genoem
Jou naam op my hande geskryf
En ek dans voor jou deur
As die winter jou vreugde steel
En die nagte jou drome verweer
Wil my hart vir jou sê

Wil my hart vir jou sê

Jy's meer as genoeg vir my