Die Ou Kalahari


Vêr in die ou Kalahari
Daar sing die boere so
Gee ons die ou Kalahari
Die ou Kalahari bo

Wyd lê die eindelose vlaktes
Kameeldoringboom en sand
Eensame, vreedsame wêreld
Dit is ons Kalahari-land

Sonbesies sing in jou bosse
Die hittige son te versmaai
Rooi Afrikaner-osse
Sien jy om elke draai

Vêr in die ou Kalahari
Tot daar in die Malopo
Gee ons die ou Kalahari
Die ou Kalahari bo

Vêr in die ou Kalahari
Tot daar in die Malopo
Gee ons die ou Kalahari
Die ou Kalahari bo


Writer/s: Danie Pretorius