Aan Die Anderkant

Die dag het gebreek oor Sy gebroke lyf
Die skepping was stil en het verslae gekyk
Want die hoop van die wêreld het leweloos gelê
Sou die dood vir altyd die oorhand hê?

Maar ver verby die grense van plek en tyd
Het die dood finaal gebuig voor U heerskappy

Aan die anderkant van die graf is daar lewe
Aan die anderkant van die graf is daar altyd hoop
Aan die anderkant van die graf is daar vrede
En oorvloed oorwinningskrag
Aan die anderkant van die graf

Die nag het gedaal en als in duister gehul
Toe Hy die beloftes van eeue vervul
Die Lam het geslag aan die kruishout gehang
Die Koning moes sterf om weer op te staan

Want ver verby die grense van plek en tyd
Het die dood finaal gebuig voor U heerskappy

Aan die anderkant van die graf is daar lewe
Aan die anderkant van die graf is daar altyd hoop
Aan die anderkant van die graf is daar vrede
En oorvloed oorwinningskrag
Aan die anderkant van die graf

Verheerlik het U uit die graf weggeloop
Vir ewig die vyand van sy krag gestroop
Alle sonde en siekte en seer het geswig
Voor die Koning van lewe en lig