Al Wat Ek Begeer - Live


Seën die gebarste lippe
En die eenvoud in my stem
En neem my verwarde hande
Na die kamer van U troon
Want my hart is koud, en die trane is al droog
Gehuil
My siel verlang en die dors drip oor my gees

U is al wat ek begeer
Die werêld kan kom
Die werêld kan gaan
Maar U sal ewig staan
U is alles en nog meer
En my hele wese smag
Na U

En iewers tussen my en U
Het ek die vuur geblus
En emmer in die hand staan ek verslae en kyk
Want my keel is seer en die lof het soos die reën
Verdwyn
Ek's moeg gesoek
En nou wag ek op my God

U is al wat ek begeer
Die werêld kan kom
Die werêld kan gaan
Maar U sal ewig staan
U is alles en nog meer
En my hele wese smag
Na U

En daarom weet ek daar is geen
Beter plek vir my
As hier by U verlange
En begeerte van my hart

Want U is al wat ek begeer
Die werêld kan kom
Die werêld kan gaan
Maar U sal ewig staan
En U is alles en nog meer
En my hele wese smag
Na U

Ek smag na U