Bly By My Heer
Bly by my Heer
Terwyl die skadus daal
Laat nou U lig
My donker pad bestraal
Daar is geen ander
Hulp of troos vir my
U help die hulpelose, staan my by
U het my Heer
Van jongs af steeds behou
Al was ek soms
Opstandig en ontrou
Soos ek van U
Was U nooit ver van my
Wil tot die einde dan nog, by my bly
Ek vrees geen kwaad
Met U tot hulp bereid
Sorg bring geen vrees, en die tranerig geen bitterheid
Dood het geen angel
En die graf geen skrik vir my
Ek seëvier want Heer U bly by my