Hierdie Kind


Wie sou kon dink dat eeue terug
Soos die profete sê
In Betlehem 'n Kind sou kom
Wat in 'n krip sou lê

En wie sou kon dink dat hierdie Kind
Maria en Josef se seun
Die sonde van hierdie wêreld
Op Homself sou neem

En wie sou kon glo dat hierdie Kind
Wat lag, en speel, en sing
Vir al Sy maatjies in die buurt
En vir ons die lig sou bring

En wie sou kon droom dat hierdie Kind
Die wonder laat gebeur
Dat dooies opstaan en dowes hoor
En sondaars hul bekeer

En wie sou kon raai dat hierdie Kind
Vir 'n wêreld se pyn en nood
As Verlosser aan 'n kruis sou sterf
En opstaan uit die dood

En o ek weet
Ek weet dit gewis
Dat hierdie Kind
Die Redder is

En o ek glo
Ek glo dit gewis
Dat hierdie Kind
Ons hoop en redding is

Soos die jare kom en gaan
Sedert daardie dag
Soek die mensheid steeds na lig
Nog nooit was dit só nag

Volke veg teen volke
Een broer teen 'n ander
Wit teen swart, en swart teen wit
Dit het nog nooit verander

En soveel mense wêreldwyd
Leef steeds in hongersnood
En atoombomme, en vigs, en aborsies
Maak miljoene mense dood

En die dwaasheid van die mensheid
Word die wysheid van die uur
En strome vuil besoedeling
Vernietig die natuur

Maar ten midde van al hierdie chaos
O, wat ons glad nie meer kan keer
Weet my hart verseker
Hierdie Kind kom weer

En o ek weet
Ek weet dit gewis
Dat hierdie Kind
Die Redder is

En o ek glo
Ek glo dit gewis
Dat hierdie Kind
Ons hoop en redding is

Wie sou kon dink dat hierdie Kind
Weer eendag terug sal keer
Om as Regter te kom oordeel
En as Koning te regeer

Verstaan jy nou, o kan jy sien
Wie hierdie Kindjie is
Dat Hy die Regter, die enigste hoop
Vir hierdie wêreld is