Daar Staan 'n Kruis
Daar staan ‘n kruis vol liefde rooi
Waar Jesus self die sondaar nooi
Om al die seer en self probeer
Te kom verruil vir soveel meer
Ek is vry, waarlik vry
Deur U bloed gestort vir my
Genade vloei waar God moes bloei
Daar hang die kruis, die liefdeskruis
Daar staan ‘n graf wat leeg getuig
U triompfeer en vrees moet swyg
Dit skree die dood het doodgegaan
Die Lewensvors het opgestaan
Ek is vry, waarlik vry
Want U leef, U leef in my
Dit is volbring, U het oorwin
Daar staan ‘n graf, ‘n leë graf
Daar staan ‘n troon met lof omring
Waar skares kniel en altyd sing
Kom kyk die Lam wat ewig heers
U sal ek dien, U sal ek vrees
Ek is vry, waarlik vry
Een met U in heerskappy
Die hemel buig, die nasies juig
Daar staan ‘n troon, die hemeltroon
Daar staan ‘n bruid in heerlikheid
Van elke volk en taal en tyd
In glorie glans berei vir Hom
Beminde van die Bruidegom
Ek is vry, waarlik vry
U kom weer, U kom vir my
Op daardie dag sal ek bly wag
En leef as bruid, U liefdesbruid
Ek is vry, waarlik vry
U kom weer, U kom vir my
Op daardie dag sal ek bly wag
En leef as bruid, U liefdesbruid
En leef as bruid, U liefdesbruid