Die Somer Is Verby
Daar was 'n vroeër tyd
Van drome droom
Van vlinders jag van boom tot boom
Van stil beloftes om die storievuur
Onthou jy, iemand
Het geglimlag
Iemand het geweet
Dat jy en ek tog iewers eendag
Alles
Sou vergeet
En nou's daar niks wat ek kan doen nie
Niks kan ons versoen nie
Dis reeds diep in Junie
Die somer is verby
Want tyd is wind en wind is
Nes 'n kind
Op soek na iets iets vêr en nuut
En so raak hy uiteindelik verdwaal
En daardie aand toe ek
Totsiens sê
Die rook ons half verblind
En jy jou werêld in my hand lê
Was ek net 'n kind
En nou's daar niks wat ek kan doen nie
Niks kan ons versoen nie
Dis reeds diep in Junie
Ons somer is verby