Karla


Daar is 'n meisie
Soos 'n veer
Wat my die wysie
En woorde gee
Want saam met Karla
Wen ek grond
Word elke dag 'n klein verbond

'n Speel kitaartjie
Toor musiek
Op net een snaartjie
Manjifiek
Want saam met Karla
Wen ek grond
Word elke dag 'n klein verbond

Sy maak my woorde
En sy sing
Ek vind akkoorde
Sonderling
Want saam met Karla, wen ek grond
Word elke dag 'n klein verbond

Soos 'n tinktinkie
So fyn is sy
Maar om haar pinkie
Draai sy my
Want saam met Karla
Wen ek grond
Word elke dag 'n klein verbond

Want saam met Karla, wen ek grond
Word elke dag 'n klein verbond