Ek Sal Nie Bang Wees Nie
Hy wat in die skadu
Van die Allerhoogste sit
In die geheime plek
Sal vir God kan sê
U is my bergvesting
My toevlug
Op wie ek vertrou
Want U
U sal my kom haal
Uit die diepste donker plekke waar ek
Omring word deur die doodsgevaar, ja U
Vlerke vou my toe
Onder U troue vleuels vind ek my skuiling
U vere is my skild, my bevryding, en
Ek sal nie bang wees nie
Vir die onheil in die nag
Of verwoesting in die dag
Ek sal nie bang wees nie
Al val 'n duisend aan my sy
Of tienduisend hier langs my
Ek sal nie bang wees nie
En hier kruip ek weg
In die hoogtes by die hoogste
Alles veilig in U hand
Buite die bereik
Van die vyand en sy magte
Omring deur engele aan elke kant
Want U
U laat my dra
Veilig oor alles wat verskeur, vergiftig, U vergruis elke aanval wat op my gerig is, en
Ek sal nie bang wees nie
Vir die onheil in die nag
Of verwoesting in die dag
Ek sal nie bang wees nie
Al val 'n duisend aan my sy
Of tienduisend hier langs my
Ek sal nie bang wees nie
U sal my red omdat U weet hoeveel ek U liefhet
Omdat ek in alles op U vertrou sal U my veilig in die hoogtes hou
En wanneer ek weer die pad verloor sal
U elke keer my noodkreet hoor
My verwoesting sal U elke keer, keer en vir altyd my met U redding eer
Ek sal nie bang wees nie
Vir die onheil in die nag
Of verwoesting in die dag
Ek sal nie bang wees nie
Al val 'n duisend aan my sy
Of tienduisend hier langs my
Ek sal nie bang wees nie
Autor(es): JOE NIEMAND