Gekruisigde Hande


Die lewe by ons, is nogals soet
Maar die tyd loop uit vir die kinders van Beiroet
Die vroue in Kairo, is moeg gewag vir later
Die koerde in Turkye vra, waars die lewenswater?
Kan iemand hoor hoe hulle roep?

Here gee my
U gekruisigde hande wat gee
Gekruisigde voete wat loop
Waar U sou loop
Van myself gestroop

'n Hart waarin waarheid kan groei
En trane wat vryelik vloei
As worteldiep
U liefde groei

En nuus op die TV laat my sug
Ek raak dit al gewoond
En ek draai my rug
Maar 'n bedelaar in Indië se oë is verwytend
En deur sy harde masker
Sien ek sy oë is pleitend
En Jesus vra, waarom ek vlug?

Here gee ons
U gekruisigde hande wat gee
Gekruisigde voete wat loop
Waar U sou loop
Van myself gestroop

'n Hart waarin waarheid kan groei
En trane wat vryelik vloei
As worteldiep
U liefde groei

Ek weet dat iemand sal moet gaan
Dat ander kan verstaan
Ek weet dat iemand dalk moet sterf
Dat ander U kan erf

Here gee ons
U gekruisigde hande wat gee
Gekruisigde voete wat loop
Waar U sou loop
Van myself gestroop

'n Hart waarin waarheid kan groei
En trane wat vryelik vloei
As worteldiep
U liefde groei

U liefde groei