Juig Al Wat Leef


Juig al wat leef, juig voor die Heer
Dien God met blydskap, gee Hom eer
Kom nader voor Sy aangesig
En prys Hom met 'n lofgedig

Die Heer is God, erken dat Hy
'n Eie volk vir Hom berei
'n Volk om Hom te dien en vrees
En skape van Sy wei te wees

Gaan deur Sy poorte in met lof
Met lofsang in Sy tempelhof
Kom in Sy huis, o bondsvolk saam
Verhef Sy lof en prys Sy naam

Want goedertieren is die Heer
Sy goedheid eindig nimmermeer
Sy trou en waarheid hou hul krag
Tot in die laaste nageslag

Juig al wat leef, juig voor die Heer
Dien God met blydskap, gee Hom eer
Kom nader voor Sy aangesig
En prys Hom met 'n lofgedig

Die Heer is God, erken dat Hy
'n Eie volk vir Hom berei
'n Volk om Hom te dien en vrees
En skape van Sy wei te wees

Gaan deur Sy poorte in met lof
Met lofsang in Sy tempelhof
Kom in Sy huis, o bondsvolk saam
Verhef Sy lof en prys Sy naam

Want goedertieren is die Heer
Sy goedheid eindig nimmermeer
Sy trou en waarheid hou hul krag
Tot in die laaste nageslag

Halleluja
Halleluja
Halleluja
Halleluja

Halleluja
Halleluja
Halleluja
Halleluja

Juig al wat leef, juig voor die Heer
Dien God met blydskap, gee Hom eer
Kom nader voor Sy aangesig
En prys Hom met 'n lofgedig