Here Man
Oppad met groot verwagting
En drie van ons sluk C
Het dit op straat gekoop
Dis seker hoekom dit nie werk nie
Slaap in die kar, slaap min
En teen sonop begin ons weer
Teen die middag was ek uit
Teen die middag was ek uit
Here, man, dis goed om jou hier te sien
Here, man, dis goed om jou hier te sien
Word wakker op 'n plaas
En drie van ons sluk weer C
'n Trippel op papier
Dis 'n ander dier, dis 'n nuwe uur
Lang storie kort
Loop vas in 'n jong man in khaki se vuis
Na die eerste hou was ek uit
Na die eerste hou was ek uit
Here, man, dis goed om jou hier te sien
Here, man, dis goed om jou hier te sien
Here, man, dis goed om jou hier te sien
Here man dis goed om jou hier te sien
Kom by in die polisiestasie
Veterloos maar 'n brein vol C
Reservis het my opgetel
Gearresteer, gemoer, gedrag oproerig
Ek's in 'n sel met dronkes
Tienuur kan ons gaan
En van my selmaats bedel
Voor 'n drankwinkel en sê
Here, man, dis goed om jou hier te sien
Here, man, dis goed om jou hier te sien
Here, man, dis goed om jou hier te sien
Here, man, dis goed om jou hier te sien
Here, man, dis goed om jou hier te sien