Verdoof. Vergiftig. Verskoon My


Verdoof, vergiftig,
Verskoon my met ʼn soen op die wang
Jy het 'n toekoms mooi beplan
Ek verkies nog steeds
Om in die Kaapstad se nag in te kruip

Kan ons daar ontmoet
En die aarde kry
Om ons stuk vir stuk in te sluk
Haal asem
Haal asem

En keer op keer
Moet ek wegkruip,
Want die waarheid lê so dun
Te jonk om te gaan slaap
Hoe kan jy jou oë toemaak?
Jou ma se poes

Kan ons daar ontmoet
En die aarde kry
Om ons stuk vir stuk in te sluk
Haal asem
Haal asem

Ek hoor jy sê so
Haal asem
Haal asem

Ek moes verloor toe middelmatigheid nog genoeg was
Was dit nodig om van my ʼn man te maak?
My God verlos my van dié vraag
Knyp die valsheid tussen jou twee vingers vas

Kan ons daar ontmoet
En die aarde kry
Om ons stuk vir stuk in te sluk

En die vloer sal sink
Soos ons verdrink.
Haal asem
Haal asem

Ek hoor jy sê so
Haal asem
Haal asem
Haal asem

Ons het daar ontmoet
Met die aarde gekry
Om ons stuk vir stuk in te sluk

En die vloer gesink
Soos ons verdrink
Haal asem
Haal asem

Ek hoor jy sê so
Haal asem
Haal asem
Haal asem