Ons Sal Nie Stilbly Nie


Ver bo gebroke woorde
Mooier as leë akkoorde, klink die tyd oor die ewigheid

Skoner as aardse lofsang
Verder as wat 'n mens kan
Droom of dink, hoor ons dit weerklink

Meer as net mens se lof
Meer as uit asem en uit stof

Styg daar 'n suiwer lied
Aanbidding uitgegiet, net voor Hom

Laat die klippe juig
Laat die skepping skree
Laat die kranse luidkeels saam die antwoord gee
Laat die berge sing
Laat die hemel buig
En laat ons lewens ewig saam getuig
Ons sal nie stilbly nie

Hier uit ons diepste wese
Verrys 'n kreed, 'n leuse, Hy regeer
Aan Hom die eer

Kom sing met alles in jou
Laat niks jou keer en terughou, oor en oor
Die hemelkoor

Meer as net mens se lof
Meer as uit asem en uit stof

Styg daar 'n suiwer lied
Aanbidding uitgegiet net voor Hom

Laat die klippe juig
Laat die skepping skree
Laat die kranse luidkeels saam die antwoord gee
Laat die berge sing
Laat die hemel buig
En laat ons lewens ewig saam getuig
Ons sal nie stilbly nie

Aan Vader, Seun
En Heil'ge Gees
Laat die hoogste lof
Op ons lippe wees

En voor U troon
Almagtig Heer
Sal alles kniel
Val alles neer

Laat die klippe juig
Laat die skepping skree
Laat die kranse luidkeels saam die antwoord gee
Laat die berge sing
Laat die hemel buig
En laat ons lewens ewig saam getuig

Laat die klippe juig
Laat die skepping skree
Laat die kranse luidkeels saam die antwoord gee
Laat die berge sing
Laat die hemel buig
En laat ons lewens ewig saam getuig
Ons sal nie stilbly nie

Ons sal nie stilbly nie
Ons sal nie stilbly nie