Sonvanger [Live]


Kyk of jy vir my die son kan vang
Daar's 'n kamer in die huis waar ons die son kan hang
Dis donker by die venster in die middel van die dag
Onthou jy hoe helder die kamer kon lag?

Kyk of jy vir my die son kan bring
Daar's 'n liedjie in die gange wat die son kan sing
Want dis stil in die gange hierdie koue seisoen
Kan jy sien wat die wind en die reën aan my doen?

Sonvanger
Ek vra jou mooi
Laat hom weer vir my kom skyn
Sonvanger
Laat my verstaan
Hoe 'n somer
Sommer so
In die niet kan verdwyn
En laat hom skyn

Kyk of jy vir my die son kan kry
Daar's 'n huisie in my hart waar die son kan bly
En kyk of jy vir my die son kan steel
Daar is 'n plekkie in die tuin waar die son kan speel

Sonvanger
Ek vra jou mooi
Laat hom weer vir my kom skyn
Sonvanger
Laat my verstaan
Hoe 'n somer
Sommer so
In die niet kan verdwyn
En laat hom skyn

Bring 'n bietjie lig
Vir die draaie op my pad
En 'n handjie vol strale
Vir die donker in my hart

Sonvanger
Ek vra jou mooi
Laat hom weer vir my kom skyn
Sonvanger
Laat my verstaan
Hoe 'n somer
Sommer so
In die niet kan verdwyn
En laat hom skyn