Sprokie Vir 'n Stadskind
As die reën van stof en roet verby is
En die rook verdwyn
Sal daar in die sterrelose hemel
'n Neonboog verskyn
En kyk maar goed
Want as jy hom vind
Vertel ek vir jou
'n Sprokie my kind
Van 'n skatkis met
Ou kettings gebind
Aan die neonboog se punt
Volg hom elke nag oor swart riviere
Oor kranse
Van beton
As jy aanhou stap tien duisend ure
Sal jy
Dalk
Daar kom
Maar hier moet jy jou nimmer laat bind
Want so lui die ou
Ou sprokie my kind
As jy geluk en vrede wil vind
Soek die neonboog se punt
Volg hom elke nag oor swart riviere
En kyk nie eenmaal om
Dalk vind jy die land van blou saffiere
En dalk 'n brokkie son
En dalk 'n brokkie son
En kyk maar goed
Want as jy hom vind
Vertel ek vir jou
'n Sprokie my kind
Van 'n skatkis met
Ou kettings gebind
Aan die neonboog se punt
Volg hom elke nag oor swart riviere
En kyk nie eenmaal om
Dalk vind jy die land van blou saffiere
En dalk
'n Brokkie
Son