Vryheidslied


Jesus U naam is ons vryheidslied
Ons jubelsang van verlossing
Die sonde se krag word daardeur verbied
Jesus U naam is ons lied

Jesus U naam is ons vreugdefees
Ons blye dans van vervulling
Ons leef in die lig van die Christus keuse
Jesus U naam is ons fees

U naam is ons vlag en ons bannier
Dit spel vir ons vrede
Dit bring ons die lewe wat ons vier
Daar is geen ander Naam, bo elke naam gegee

Jesus U naam is ons sterwenswins
Ons greep op die ewige lewe
Die Leeu wat oorwin is die Vrede Prins
Jesus U naam is ons wins

Jesus U naam is ons oorlogskreet
Ons vaandel, ons evangelie
Ons vier die oorwinning, ons almal weet
Jesus U naam is ons kreet

U naam is ons vlag en ons bannier
Dit spel vir ons vrede
Dit bring ons die lewe wat ons vier
Daar is geen ander Naam, bo elke naam gegee

Jesus U naam is ons vryheidslied
Ons jubelsang van verlossing
Die sonde se krag word daardeur verbied
Jesus U naam is ons lied
Jesus U naam is ons lied
Jesus U naam is ons lied