Baby Wat Eet Ons Vanaand [Lewendige Opname]


Ek wonder hoveel keer
Het ek jou tas gedra
Ek wonder hoeveel keer
Was daardie las te swaar
Ek wonder hoeveel dae
Het ek gewens jy was daar
Ek wonder oor ons dae
En of ek jou op my hande kan dra

Wonder oor die skare
Wanneer die storms bedaar
Ek wonder oor die skuld
En die tannie van die bank wat pla

Maar ek onthou nog daardie boekie
Met ons lawe liefdes briefies
In die winter maand as die son hier wil staan
En my hart verlang na jou
Van `n tyd vergaan bly my liefde staan
En kyk dis klaar weer sekelmaan
Was dit nie te laat
Het ek jou gevra
Baby, wat eet ons vanaand?

Ek wonder in hoeveel tale
Sou ek vir jou kon vra
Of sommer in gebare
Sal my hande die boodskap dra
Ek wonder hoeveel liefde
Dit wil ek vir jou nog vra
Ek wonder oor jou woorde
Die wat my hart laat stop

Maar ek onthou nog daardie boekie
Met ons lawe liefdes briefies
In die winter maand as die son hier wil staan
En my hart verlang na jou
Van `n tyd vergaan bly my liefde staan
En kyk dis klaar weer sekelmaan
Was dit nie te laat
Het ek jou gevra
Baby, wat eet ons vanaand?

Ek wonder waar's sy nou
En of ek steeds van haar hou
Was dit toe Piet of Jacques of die engelsman Brandon wie sy smaak
Wie ookal hy is, hoop ek was beslis `n romantikus
Ontvang sy `n puk op elke wang elke oggend
Of selfs `n Baby ek gaan jou mis?

Maar ek hoop sy onthou nog daardie boekie
Met ons lawe liefdes briefies
In die winter maand as die son hier wil staan
En my hart verlang na haar
En van `n tyd vergaan bly my liefde staan
En kyk dis klaar weer sekelmaan

Was dit nie te laat
Of was dit nie te laat

Maar ek onthou nog daardie boekie
Met ons lawe liefdes briefies
In die winter maand as die son hier wil staan
En my hart verlang na jou
En van `n tyd vergaan bly my liefde staan
En kyk dis klaar weer sekelmaan
Was dit nie te laat
Het ek jou gevra
Baby, wat eet ons
Vanaand?