Daar Staan 'n Kruis
Daar staan 'n kruis waar Jesus ly
Om ons van sonde te bevry
Die spykers knars deur been en bloed
Deur elke pols en elke voet
U kleed, die kruis, die spot, die hoon
Die wonde en die doringkroon
Dit het my Heer vir my gedra
Jesus die Lam op Golgota
Soldate spot en vloek en lag
As jy dié Koning wys dan jou krag
Ek hoor hoe Jesus later bid
Vader Ek vra, vergeef hul dit
Sien jy die Man op Golgota
Wat bloeiend ly, en later vra
Ek het só dors, o sien Hom ly
Om ons van sonde te bevry
Hoe kan ons nooit ons dank bewys
Kom kniel in eerbied voor die kruis
Kom lê jou lewe voor Hom neer
Aanvaar Hom as jou God en Heer
Laat ons Hom dien, Hom volg en eer
Aanvaar Hom as jou God en Heer
Laat ons Hom dien, Hom volg en eer
En buig nou voor Sy voete neer
Daar is 'n kruis op Golgota
Waar Jesus al ons sonde dra
Daar staan 'n kruis op Golgota