Ons Glo
Ons glo in die Vader
Die Skepper God en Heer
En ons glo dat Hy die skepping
Met 'n liefdeskrag regeer
Hy's 'n Vader vol van liefde
Wat Sy hart vir ons ontbloot
En bevry ons van die dood
Ons glo
Ons glo in Jesus die Christus
Gesalfde, God se Seun
Die Verlosser uit die hemel
Om ons sonde weg te neem
Gely, gesterf, begrawe
Uit die dood het Hy opgestaan
Hy dra die hoogste naam
Ons glo
Ons glo in die Heilige Gees
Hy wat redding in ons bewerk
Wat vrug en lewe gee
En ons met Sy krag versterk
Wat ons met elke tree
Wil lei en raad wil gee
Wat biddend nou vir ons intree
Ja ons glo
En al sou berge ook begin wankel of val in die see
Hierdie waarheid staan vas, God self het dit gegee
En al verander ook die wêreld, God se woord gee nooit mee
Ons glo
Ja selfs as die nasies elkeen, in die nuut in verdwyn
En ons koningkryke val
En hul lig begin te kwyn
God se woord staan vas al gaan seisoene verby
Dit wat Hy sê sal ons bely
En ek glo dat Jesus weer terug sal kom
En dat die verlostes almal sal regeer saam met Hom
Sy kinders sal skitter ,soos die strale van die son
Ons glo
Ja ons glo