Daniel
Die leeu sê vir die ander leeu, ek wonder of hy weet
Waarom ek nou my lippe lek, dis om hom op te vreet
Sy vingers lyk so sappig, sy wange het 'n kleur
Sy ore lyk so kraakvars, mmm, sy tone het 'n geur
Die leeus het hom omsingel
En wou hom net verskeur
Daniël besef toe hy sal hulle nooit kan keer nie
Hy was skielik baie bang, sy bene was so lam
Toe sê hy, ag Here help, ek weet mos dat Jy kan
Daniël het in God geglo, en het gereeld gebid
Toe hy by die Here pleit, toe hoor die Here dit
God roep toe 'n engel en Hy sê, gaan help My kind
Sluit die leeus se bekke toe, voor hulle hom verslind
Die engel was soos weerlig, en skielik staan hy daar
Hy wys sy vinger vir die leeus en sê, toe nou bedaar
Hy haal toe 'n groot sleutel uit en sluit hul bekke toe
En draai toe om en sê vir Daniël, dit was amper, sjoe
Daniël was baie bly en hy het God geprys
Here U is wonderlik, U het U krag gewys
Jy en ek moet ook vertrou, net soos Daniël
En daarom het die liedjie jou, dit alles vertel
En daarom het die liedjie jou, dit alles vertel