Dink Jy Darem Nog Aan My?
Jare gaan so snel verby
Maar dit wek in my steeds meer verlange
Waarom moes ons afskeid neem?
Waar is al ons tere liefde heen?
Dink jy darem nog aan my
Al die lang en eensaam aande?
En onthou jy elke jaar
Ons belofte aan mekaar?
Dink jy darem nog aan my?
Dink jy darem nog aan my?
Het jy my nog nie vergeet nie?
Want die jare gaan verby
Sal ons liefde steeds nog bly?
Dink jy darem nog aan my?
Is dit nou al reeds te laat?
Bring die jare vir ons dan meer smarte
Die geluk is nou verby
Want dis net bedoel vir jonger harte
Dink jy darem nog aan my
Al die lang en eensaam aande?
En onthou jy elke jaar
Ons belofte aan mekaar?
Dink jy darem nog aan my?
Dink jy darem nog aan my?
Het jy my nog nie vergeet nie?
Want die jare gaan verby
Sal ons liefde steeds nog bly?
Dink jy darem nog aan my?