Ek Wil Jubel


As ek opstaan in die môre
Met die breek van 'n nuwe dag
Het ek 'n rede
Om weer te lewe

Dis die grootheid van U skepping
En die wonder van die dag
Wat U gemaak het
Ek staan verwonder

As ek opkyk na die hemel weet ek U is altyd daar vir my
Daar is niks in hierdie lewe wat meer kosbaar is vir my

Ek wil jubel, ek wil juig
Met my mond wil ek getuig
Van U liefde en U vrede
Al die oorvloed wat U gee

Ek wil jubel, ek wil juig
Ek wil voor U voete buig
Want U goedheid ken geen einde
U's oneindig lief vir my

Elke ster bo in die hemel
Herinner my net weer aan U beloftes
Dat U my God is

Ek is veilig in U hande
By die Here vind ek skuiling teen gevare
Want U is my Vader (Vader)

As ek opkyk na die hemel weet ek U is altyd daar vir my
Daar is niks in hierdie lewe wat meer kosbaar is vir my

Ek wil jubel, ek wil juig
Met my mond wil ek getuig
Van U liefde en U vrede
Al die oorvloed wat U gee

Ek wil jubel, ek wil juig
Ek wil voor U voete buig
Want U goedheid ken geen einde
U's oneindig lief vir my

Ek wil jubel, ek wil juig
Met my mond wil ek getuig
Van U liefde en U vrede
Al die oorvloed wat U gee

Ek wil jubel, ek wil juig
Ek wil voor U voete buig
Want U goedheid ken geen einde
U's oneindig lief vir my
Want U goedheid ken geen einde
U's oneindig lief vir my