Mag die Here Jou Seën - Verjaarsdagliedjie
Veels geluk liewe maatjie
Omdat jy verjaar
Mag die Here jou seën in hierdie nuwe jaar van jou lewe
Mag Hy jou alles gee en meer
Waarna jy strewe (Waarna jy strewe)
Mag jy voorspoed ken
In alles wat jy doen
Mag die Here jou seën in hierdie nuwe jaar van jou lewe
Vir almal is jy spesiaal
Jou liefde praat sy eie taal
'n Ongeslypte diamant
Wat so maklik inkruip in ons hart
Mag die Here jou seën in hierdie nuwe jaar van jou lewe
Mag Hy jou alles gee en meer
Waarna jy strewe (Waarna jy strewe)
Mag jy voorspoed ken
In alles wat jy doen
Mag die Here jou seën in hierdie nuwe jaar van jou lewe
Vir jou het ons die mooiste wens
Uit goedheid sonder grens
'n Helderwarm somerson
En reën wat uit die hemel kom
Mag die Here jou seën in hierdie nuwe jaar van jou lewe
Mag Hy jou alles gee en meer
Waarna jy strewe (Waarna jy strewe)
Mag jy voorspoed ken
In alles wat jy doen
Mag die Here jou seën in hierdie nuwe jaar van jou lewe
Mag die Here jou seën in hierdie nuwe jaar van jou lewe (Nuwe jaar van jou lewe)
Mag Hy jou alles gee en meer
Waarna jy strewe (Waarna jy strewe)
Mag jy voorspoed ken
In alles wat jy doen (In alles wat jy doen)
Mag die Here jou seën in hierdie nuwe jaar van jou lewe
Mag die Here jou seën in hierdie nuwe jaar van jou lewe