Here U's Die Bron Van Die Lewe


Here U's die bron van die lewe
U bepaal die sing en die rede
U is die outeur van die mens verhaal
U's die argitek van die groot heelal

U is die God wat die hemel gemaak het
Wat elke ster op sy roete geplaas het
Wat elke wese laat pas in U raadsplan
En elke mens wil laat deel in U liefde

U is Heer
U regeer
U is Heer

U's die dirigent van die stormweer
U gee die bevel en die wind beweeg
U beheer die sweis wat die reën gee
Here, U verskyn in die aarde weer

U is die God wat die hemel gemaak het
Wat elke ster op sy roete geplaas het
Wat elke wese laat pas in U raadsplan
En elke mens wil laat deel in U liefde

U is Heer
U regeer
U is Heer

U het my met sorg aanmekaar geweef
U laat my die werk van U hand beleef
U het elke haar op my kop getel
Hoe kan ek genoeg van U roem vertel

U is die God wat die hemel gemaak het
Wat elke ster op sy roete geplaas het
Wat elke wese laat pas in U raadsplan
En elke mens wil laat deel in U liefde

U is Heer
U regeer
U is Heer
U regeer
U is Heer