Hy Is Die God


Hy wat die son en sterre in Sy hand vashou
Hy wat die magtige skepping onderhou
Hy wat die voëls en die lelies met prag bekleë
Hy sal alles wat jy nodig het vir jou gee

Want Hy is die God
Van Abram, Isak en Jakob
Wat deur die woestyn
Vir Israel bewaar

Hy is die God
Van Jericho se mure
Wat deur die hand van Dawid
Goliat verslaan

Hy is die God
Van Abram, Isak en Jakob
Wat deur jou woestyn
Jou veilig kan bewaar

Hy is jou God
En laat manna reën uit die hemel
En deur jou hande sal Hy
Reuse kan verslaan

Hy wat jou hou in die holte
Van Sy Vaderhand
Hy wat jou spore veilig vêr laat loop

Hy wat die magtige waters
Met Sy woord bedaar
Hy's die God van Israel wat jou bewaar

Want Hy is die God
Van Abram, Isak en Jakob
Wat deur die woestyn
Vir Israel bewaar

Hy is die God
Van Jericho se mure
Wat deur die hand van Dawid
Goliat verslaan

Hy is die God
Van Abram, Isak en Jakob
Wat deur die woestyn
Jou veilig kan bewaar

Hy is jou God
En laat manna reën uit die hemel
En deur jou hande sal Hy
Reuse kan verslaan
En deur jou hande sal Hy
Reuse kan verslaan