Nuwe Dag


Dankie Heer vir 'n nuwe dag
En dankie Heer vir U lewenskrag
Ek's so bly om te leef vandag
Dankie Heer vir 'n nuwe dag
Wat 'n heerlike dag

As die son sy kop uitsteek
En die rooi dag oral breek
Dan voel ek die lewe bruis
En dan wil ek U net loof en prys

Dankie Heer vir 'n nuwe dag
En dankie Heer vir U lewenskrag
Ek's so bly om te leef vandag
Dankie Heer vir 'n nuwe dag
Wat 'n heerlike dag

Elke oomblik hierdie dag
Wil ek lewe in U krag
En my hart sal heeldag sing
Want U gaan die dag saam met my in, o

Dankie Heer vir 'n nuwe dag (Dankie)
En dankie Heer vir U lewenskrag
Ek's so bly om te leef vandag
Dankie Heer vir 'n nuwe dag

Dankie Heer vir 'n nuwe dag (Dankie)
Dankie Heer vir U lewenskrag
Ek's so bly om te leef vandag
O, dankie Heer vir 'n nuwe dag
Wat 'n heerlike dag (Dankie Heer vir 'n nuwe dag)