Nuwe wyn


As die dinge woorde raak en my woorde aanhou leeg raak
As die liedjies en die mooi gedigte wat ek bring
Nie meer uit liefde kom, en die liefde gaan, en die liefde gaan verby
My eerste liefde het gou vergaan, net 'n skaduwee wat oorbly

Here skink in my, nuwe wyn, minder woorde, nuwe wyn
Skinker Gees bring, nuwe wyn, siel sjampanje, nuwe wyn
Dis 'n teengif vir die passie wat so kwyn, beste wyn, soetste wyn en nuwe wyn

As my siel van droogte kraak, en die water nie meer werk nie
As die loot die wingerdstok, se sap nie meer kan proe nie
O die Bruidegom het die beste wyn vir laaste uitgehou
Hy maak die water sielewyn, en Hy hou dit uit na jou

Here skink in ons, u nuwe wyn, minder woorde, nuwe wyn
Skinker Gees bring, nuwe wyn, siel sjampanje, nuwe wyn
Dis 'n teengif vir die passie wat so kwyn, beste wyn, soetste wyn en nuwe wyn

Dis vir die dronk word in die Gees
Vir die Hooglied bruid van God-wees
Vir die doodbloei van die vlees
Vir vervulling, en vervulling, en vervulling van die Gees

Oh, nuwe wyn, minder woorde, nuwe wyn
Nuwe wyn, siel sjampanje, nuwe wyn

Nuwe wyn, minder woorde, nuwe wyn
Nuwe wyn, siel sjampanje, nuwe wyn

Dis 'n teengif vir die passie wat so kwyn
Die beste wyn, o soetste wyn
Die nuwe wyn