Spore van Hoop

Deur die wildernis het ek die spoor gesny
En Sy hart gevind
Die spoor verloor, rond gedraai
'n Wegloopkind

Telkemaal weggedwaal
Elke keer kry ek dit weer, ek loop
In spore van hoop

'n Koning het voorheen hier geloop
En nou loop ek in spore van hoop
Hier verby het Hy 'n kruis gedra
Hier het Hy vir my die prys betaal

'n Koning het voorheen hier geloop
En nou volg ek net die spore van hoop
Dit vat my by die kruis verby, en ek weet

Ek loop, ek loop in spore van hoop, ek loop in spore van hoop
Ek loop, ek loop in spore van hoop, ek loop in spore van hoop

Nie ver hiervandaan
Het Hy stilgestaan by 'n weduwee
'n Honger kind aan die hand geneem
En brood gegee

Hy't die siek en swak aangeraak
Die broos en blind se wonde verbind, so loop
My Koning van hoop

My Koning het voorheen hier geloop
En nou loop ek in spore van hoop
Hier verby het Hy 'n kruis gedra
Hier het Hy vir my die prys betaal

My Koning het voorheen hier geloop
En nou volg ek net die spore van hoop
Dit vat my by die kruis verby, en ek weet

Ek loop, ek loop in spore van hoop, ek loop in spore van hoop
Ek loop, ek loop in spore van hoop, ek loop in spore van hoop

Ons Koning het voorheen hier geloop
En nou loop ons in spore van hoop
Hier verby het Hy 'n kruis gedra
En hier het Hy vir ons die prys betaal

Ons Koning het voorheen hier geloop
En nou volg ons net die spore van hoop
Dit vat ons by die kruis verby, en ons weet

Ons is vry